Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Te midde van die Covid-19-pandemie het ʼn vuurpylaanval in Irak die lewe van talle mense geëis en twee slagoffers ernstig beseer.
ʼn Katyusha-vuurpyl het Maandag ʼn huis in die omgewing van die Bagdad-lughawe getref.
Dit is die eerste aanval in maande waarin burgerlikes dood is, sê die Irakse weermag.

Mense bid tydens ʼn begrafnis van die slagoffers van ʼn vuurpylaanval in Irak. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

Die buurt naby die Bagdad-lughawe waar die vuurpyl verwoesting gesaai het. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ʼn Man staan in sy huis te midde van die skade wat tydens die aanval aangerig is. (Foto: Khalid Mohammed, AP)