Die wêreld in foto’s – 3 April 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Seerowers van Somalië het ʼn klein boot met Indiese bemanningslede ontvoer en is onderweg na Eyl, in die noorde van Somalië. Foto: Farah Abdi Warsameh, AP

ʼn Lid van die Royal Collection Trust bekyk ʼn geskenk wat die Chinese president, Xi Jinping, in 2015 aan Buckingham Paleis gegee het. Dié en ander geskenke sal by die paleis uitgestal word. Foto: Frank Augstein, AP

Prins Charles en sy vrou, Camilla, hertogin van Cornwall, besoek ʼn mark in Florence, Italië. Foto: Maurizio Degl’Innocenti, AP

Chinese kunstenaars tree op tydens ʼn driedag-vakansie in die Chongqing-munisipaliteit. Foto: Qu Mingbin, Xinhua

Raja die orangoetang hou haar kleintjie vas in ʼn dieretuin in Leipzig, in die ooste van Duitsland. Foto: Jan Woitas, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justine Wiese ·

Raja het my hart gesteel… die mensdom kan baie leer by die diereryk, van moederlike liefde…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.