Die wêreld in foto’s – 3 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Tom Weatherill (84), ’n veteraanlid van die Britse koninklike lugmag, stap saam met Maraki Tewdros (5) nadat hy haar die “Thank You”- teken van sowat 18 m x 3 m deur die kunstenaar Sarah Arnett op die oewer van die Thames in Londen, gewys het. Die Royal British Legion het onlangs ʼn beweging begin om dankie te sê aan almal wat gedurende die Eerste Wêreldoorlog diens gedoen het. (Foto: Kirsty Wigglesworth, AP)

Hermijntje Drenth, Wileke Vossen, Marleen Verburgh en Kirsten Wielaard (van regs na links) van Nederland Vrydag in aksie gedurende die Europese roeikampioenskap in Glasgow, Skotland. (Foto: Darko Bandic, AP)

Aktrises van die surrealistiese seeleeu-komedie Lucille en Cecilia gesels met kinders in ʼn straat in Edinburg, Skotland. Die 2018 Edinburgh Festival Fringe duur van 3 tot 27 Augustus. (Foto: Han Yan, Xinhua)

Die Britse sanger Tom Odell tree Donderdag op by die Jordanië-fees in Amman, Jordanië. (Foto: Mohammad Abu Ghosh, Xinhua)

Werknemers spuit water om toeskouers tydens die wêreldtoer van die strand-vlugbalreeks Vrydag in Wene, Oostenryk, af te koel. (Foto: Ronald Zak, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.