Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ʼn Polisiebeampte van Frankryk sper die terrein naby die Louvre-museum in Parys af, ná ʼn Franse soldaat ʼn beweerde terroris gewond het toe dié hom met ʼn mes wou aanval. Foto: Christophe Ena, AP
ʼn Gemaskerde betoger van Kasjmir (wat deur Indië beheer word) wil ʼn Indiese polisiebeampte met ʼn baksteen gooi tydens ʼn betoging in Srinagar, Kasjmir. Foto: Dar Yasin, AP
ʼn Vrou in nood word bygestaan deur ʼn lid van die Spaanse niewinsgewende organisasie Proactiva Open Arms. Dié organisasie red vlugtelinge uit die Middellandse See wat per boot uit oorloggeteisterde lande probeer vlug. Foto: AP
Kalusho, ʼn swartrenoster, wat sedert driejarige ouderdom in ʼn dieretuin in Frankfurt, Duitsland, woon, vier vandag sy 30ste verjaardag. Kalusho is in Zimbabwe gebore. Foto: Michael Probst, AP
Mense in Sjanghai, China, vier fees tydens die Chinese Nuwejaarsviering. Foto: Zhuang Yi, Xinhua
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Julle bedoel seker hulle vlug weg van die oorlogsgeteisterde lande, nie na dit toe nie?!
Dagsê Sulet
Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die onderskrif is gewysig.
Groetnis
Mariné
nms Maroela Media