Die wêreld in foto’s – 3 Februarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die polisie op die toneel ná ʼn voorval in Streatham, Londen, waarin polisiebeamptes ʼn man doodgeskiet het in ʼn “terrorisme-verwante voorval” waarin “ʼn aantal mense” gesteek is. (Foto: Victoria Jones, AP)

Die Huoshenshan- tydelike veldhospitaal waar pasiënte teen die koronavirus behandel sal word, is na aan voltooiing in Wuhan, China. (Foto: Chinatopix, AP)

Mense ry met hul motorfietse langs ʼn konvooi van die Turkse weermag in die noordelike stad Sarmada in die Idlib-provinsie, Sirië. ʼn Groot Turkse militêre konvooi het Sondag na die rebelle-gebiede in die noordweste van Sirië beweeg. (Foto: AP)

ʼn Man met ʼn gesigsmasker loop verby ʼn Apple-winkel in Hongkong. Apple het sy 42 winkels in China tydelik gesluit te midde van die verspreiding van die koronavirus. (Foto: Vincent Yu, AP)

Jennifer Lopez tree op tydens halftyd by die NFL Super Bowl 54-wedstryd tussen die San Francisco 49ers en Kansas City Chiefs in Miami, Florida. (Foto: Charlie Riedel, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Chris

Lekker!