Die wêreld in foto’s – 3 Januarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Windaanwyser in Innsbruck, Oostenryk, wys hoe sterk die wind is. (Foto: Kerstin Joensson, AP)

ʼn Ligte vliegtuig lê onderstebo nadat ʼn rukwind dit omgewaai het in Buochs in Switserland. Groot dele van Switserland gaan tans onder die storm Burglind gebuk wat met sterk winde en reën gepaardgaan. (Foto: Urs Flueeler, AP)

Steierwerk het inmekaargetuimel vanweë ʼn sterk windstorm in Parys in Frankryk. (Foto: Thibault Carnus, AP)

Sterk winde en stormweer veroorsaak groot golwe in die see by Blackpool in Engeland. (Foto: Peter Byrne, AP)

Mense loop in die straat terwyl dit sneeu in die stad Xiangyang in China se Hubei-provinsie. (Foto: An Fubin, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.