Die wêreld in foto’s – 3 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Model Maandag op die herfs/wintermodevertoning van Iris van Herpen in Parys, Frankyk. Foto: Kamil Zihnioglu, AP

Kate Middleton, hertogin van Cambridge, Maandag by die opening van die Wimbledon-tenniskampioenskap in Londen. Foto: Kirsty Wigglesworth, AP

ʼn Vyfjarige doen ʼn bollemakiesie op ʼn trampolien in Frankfurt, Duitsland. Frank Rumpenhorst, AP

Reddingswerkers en brandbestryders by ʼn uitgebrande bus op ʼn snelweg in die suidooste van Duitsland. Die bus het aan die brand geslaan nadat dit Maandag teen ʼn vragmotor gebots het. Foto: Nicolas Armer, AP

Inwoners waad deur vloedwater in ʼn straat in China se Hunan-provinsie. Ononderbroke reën oor die naweek het die Xiangjiang-rivier laat styg en oorstromings veroorsaak. Foto: Cae Zhengping, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.