Die wêreld in foto’s – 3 Julie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Australië se Ajla Tomljanovic slaan af na Belarus se Victoria Azarenka tydens die vroue-enkelspel op die derde dag van die Wimbledon tennistoernooi in Londen. (Foto: Ben Curtis, AP)

Erewaglede staan op aandag tydens ʼn verwelkomingseremonie vir die Bulgaarse president, Rumen Radev, by die Groot Saal van die Mense in Beijing. (Foto: Mark Schiefelbein, AP)

ʼn Model in ʼn skepping van die Elie Saab Haute Couture se Herfs-Winter 2019-2020 modeversameling in Parys. (Foto: Kamil Zihnioglu)

ʼn Groot gedeelte van die Elbe-rivierbedding het opgedroog weens ʼn lang tydperk van droogte in Oos-Duitsland. Die huidige watervlak van die Elbe-rivier is 0,59 meter. (Foto: Jens Meyer, AP)

ʼn Oorspoelde pad is te sien gedurende swaar reën in Soo City, Kagoshima Prefecture, in die suidweste van Japan. Owerhede het meer as een miljoen inwoners in die suidelike dele van die Kyushu-hoofeiland versoek om na veilige skuilings te verskuif. (Foto: Kyodo News, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dankie Maroela ·

Dankie vir die beautiful foto’s wat julle pos, Maroela! ek geniet dit baie. xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.