Die wêreld in foto’s – 3 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie maak talle Amerikaners reg vir die VSA se Onafhanklikheidsdag wat jaarliks op 4 Julie gevier word. In ʼn poging om die verspreiding van die virus op dié dag hok te slaan, is talle strande in Miami-Dade County gesluit tot Maandag 6 Julie.

Só geniet Amerikaners die strande in Miami voordat dit vir Onafhanklikheidsdag gesluit word.

ʼn Groep mense paraseil naby Miami-strand in Florida. (Foto: Wilfredo Lee, AP)

ʼn Seun spring van rotse af in die see. (Foto: Wilfredo Lee, AP)

Strandgangers geniet ʼn dag in die son by Miami-strand in Florida. (Foto: Wilfredo Lee, AP)

Mense kyk na ʼn groot seedier wat verby hul swem in die see. (Foto: Wilfredo Lee, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.