Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Mohammed (10), ʼn vlugteling van Aleppo, werk saam met ander vlugtelinge van Sirië in ʼn klere-werkswinkel in Gaziantep, Turkye. Mohammed se pa is in Sirië vermoor en daarom werk Mohammed nou 10 uur ʼn dag vir 100 Turkse lire per week (ongeveer R500) om vir hom en sy ma te sorg. Foto: AP Photo/Lefteris Pitarakis/wire.africannewsagency.com
Serena Williams maak gereed om die bal te moker tydens die semifinale ronde in die Franse Ope teen Kiki Bertens van Nederland. Foto: AP Photo/Alastair Grant/wire.africannewsagency.com
China se president, Xi Jinping (links), en Kambodja se koning, Norodom Sihamoni, tydens ʼn verwelkomingseremonie by die Great Hall of the People in Beijing, China. Foto: AP Photo/Mark Schiefelbein/wire.africannewsagency.com
Frankryk se minister van kultuur, Audrey Azoulay, het tydens ʼn perskonferensie aangekondig dat die Musée de Louvre tydelik gesluit sal word weens die stygende watervlak van die Seinerivier in Parys. Foto: Photo/Markus Schreiber/wire.africannewsagency.com
Mense van Bagdad, Irak, skuil tydens ʼn geveg tussen Irakse veiligheidsmagte en IS (Islamitiese Staat) oor beheer van dié stad. Ongeveer 50 000 burgerlikes is vasgekeer in die stad. Foto: AP Photo/wire.africannewsagency.com
Die sewejarige Yamato Tanooka is Vrydag gevind nadat sy ouers hom ʼn week gelede in ʼn woud gelos het omdat hy glo stout was. Hy is op 28 Mei deur sy pa as vermis aangemeld. Foto: Hamawake Elementary School/Kyodo News via AP/wire.africannewsagency.com
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.