Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Italië het intussen talle toeristebestemmings heropen ná maande se afsondering. Die Uffizi -galery in Florence is een van dié bestemmings.
Só geniet Italianers die bekende kunswerke in Florence.

Dele van die galery is afgebaken om afstandhandhawing tussen besoekers te bewerkstelling. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Die Ponte Vecchio, oftewel die Ou Brug, gesien deur die venster van die Uffizi-galery in Florence, Italië. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Lede van die media neem foto’s van kunswerke tydens die heropening van die Uffizi -museum in Florence. (Foto: Andrew Medichini, AP)