Die wêreld in foto’s – 3 Junie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale afstandhandhawing aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. Italië het intussen talle toeristebestemmings heropen ná maande se afsondering. Die Uffizi -galery in Florence is een van dié bestemmings.

Só geniet Italianers die bekende kunswerke in Florence.

Dele van die galery is afgebaken om afstandhandhawing tussen besoekers te bewerkstelling. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Die Ponte Vecchio, oftewel die Ou Brug, gesien deur die venster van die Uffizi-galery in Florence, Italië. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Lede van die media neem foto’s van kunswerke tydens die heropening van die Uffizi -museum in Florence. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Lede van die media bewonder die kunswerk Doni Tondo, wat in die Uffizi-museum in Florence hang. Dié kunswerk is in die 15de eeu deur Michelangelo geskilder. (Foto: Andrew Medichini, AP)

ʼn Joernalis bewonder ʼn kunswerk deur Leonardo Da Vinci, Annunciation, tydens ʼn toer deur die Uffizi-museum in Florence, Italië. (Foto: Andrew Medichini, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.