Die wêreld in foto’s – 3 Maart 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-8

Twee polisiebeamptes in Kalifornië in die VSA omhels mekaar tydens die begrafnis van ʼn kollega wat doodgeskiet is deur ʼn bendelid. Foto: Nick Ut, AP

wereld-foto-6

Die Somaliese terroristegroep Al-Shabaab lei honderde nuwe soldate op naby Mogadisjoe, Somalië. Foto: Farah Abdi Warsameh, AP

wereld-foto-7

Pendelaars in Athene maak gebruik van busse terwyl treinwerkers staak oor nuwe wetgewing wat ingestel gaan word. Foto: Yorgos Karahalis, AP

wereld-foto-9

Studente op pad na die parlementsgebou tydens ʼn protes in Nieu-Delhi, Indië. Foto: Manish Swarup, AP

wereld-foto-1

Otters in die Marina Bay-dieretuin in Singapoer geniet die kunsuitstalling genaamd “Art-Zoo”. Foto: Then Chih Wey, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.