Die wêreld in foto’s – 3 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Man dra ʼn klomp winkelpoppe oor sy skouer in Harare, Zimbabwe. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

ʼn Lid van die eerste vrouehengelkoöperasie in Marokko berei visnette voor op die dorpie Belyounech aan die kus van die Middellandse See. (Foto: Mosa’ab Elshamy, AP)

ʼn Kind glimlag terwyl migrante in ʼn veld by die Maritsa-rivier by die Turks-Griekse grens bymekaarkom. Migrante hoop om die grens na Griekeland oor te steek. (Foto: Emrah Gurel, AP)

Mense uit nomadiese stamme en ander gemeenskappe neem deel aan ʼn protesoptog teen ʼn nuwe burgerskapwet in Mumbai, Indië. Die nuwe wet maak dit makliker vir migrante van Pakistan en omliggende gebiede om burgerskap in Indië te verkry. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Martin Schwenk, Mercedes-Benz Indië se direkteur en uitvoerende hoof, staan by die nuwe GLC Coupe tydens die bekendstelling daarvan in Bangalore, Indië. Die motor is beskikbaar in petrol- en dieselvariante en kos VSA$85 550 en VSA$87 935. (Foto: Aijaz Rahi, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.