Die wêreld in foto’s – 3 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Selfmoordbomaanvaller het toegeslaan in Kaboel, Afganistan. Agt mense het tydens die aanval gesterf en 25 is beseer. Foto: Massoud Hossaini, AP

Kinders staan reg vir ʼn kiekie by ʼn huisie gemaak van lekkers in Tokio, Japan. Dié huis is ongeveer drie meter hoog en gemaak van ongeveer 2 000 koekies en brood ter viering van Kinderdag op 4 Mei. Foto: Shizuo Kambayashi, AP

Branderplankryers in Kalifornië in die VSA geniet die golwe by Laguna Beach. Foto: Kyusung Ghong, AP

Boeddhiste kom bymekaar onder pragtige lanterns in ʼn tempel in Seoel, Suid-Korea, ter viering van dié geloofsrigting se geestelike leier, Boeddha. Foto: Lee Jin-man, AP

ʼn Pragtige koue oggend in Riggold, Georgia, in die VSA, waar verskeie behandelingsentrums vir dwelmverslaafdes geleë is. Foto: Kevin D. Liles, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

humor ·

Die idee van kinderdagvieringe is pragtig, maar in SA sal n huis van koekies nie so lekker werk nie. Nie as gevolg van weersomstandighede nie. Daar sal goed georganiseer moet word en eerste wat in plek moet wees is n deeglike ge-elektrifiseerde heining.

Sonja Coetzee ·

Ai….hoe wens ek dat ek n kind was dink al daai lekkers….yummy….Die laaste foto is so pragtig voel of jy daar self kan wees…..

yolandeh1978 ·

Alles baie mooi, maar ek kan regtig nie glo dat daar nie erens in hierdie groot Suid Afrika een mooi pic is nie, is ons land regtig so papeties…

SARIE VAN HEERDEN ·

Koekiehuisie in Suid-Afrika? Uit watter boom het die vervaardiger daarvan beplan en dalk nog aan die minderbevoorregtes in Afrika gedink toe hy hierdie mooi koekiehuis gebou het? Hy sou hier nie halfpad gevorder het voordat alles voor sy oe of stukkend getrap of opgevreet is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.