Die wêreld in foto’s – 3 Mei 2019

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Lily Collins (links) en Zac Efron (regs) by die vertoning van die fliek Extremely Wicked, Shockingly Evil and Vile op die 2019 Tribeca-rolprentfees by die Tribeca Performance Arts Center in New York. Dié biografiese misdaadriller handel oor die reeksmoordenaar Ted Bundy. (Foto: Brent N Clarke, AP)

Mavis Staples (links) en Trombone Shorty lewer ’n uitvoering by die New Orleans- jazz-en-erfenisfees in New Orleans. (Foto: Amy Harris, AP)

Mej. Noord-Carolina, Cheslie Kryst (middel met die kroon op), is in die Grand Theatre in die Grand Sierra-oord in Reno, Nevada, aangewys as 2019 se Mej. VSA. Alejandra Gonzalez van Nieu-Mexiko is die eerste naaswenner en Oklahoma se Triana Browne is as die tweede naaswenner aangewys. (Foto: Jason Bean, AP)

Oudpres. Bill Clinton van Amerika (links) praat met sy vrou, Hillary Clinton, tydens ’n vraag-en-antwoord-sessie wat deur die aktrise Sophia Bush gelei is. Dit vorm deel van die Clintons se besoek aan Vancouver, Brits-Columbië. (Foto: Darryl Dyck, AP)

Mense koop groente by die plaaslike basaar naby die Innlay-meer in die suidelike Shan-staat, Mianmar. (Foto: Thein Zaw, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Devill ·

Die laaste foto is vir my die beste.

Dit is asof ek die atmosfeer kan voel, die mark kan ruik en hoor!

Ek sal graag eendag wil gaan kyk hoe lyk dit daar in lewende lywe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.