Die wêreld in foto’s – 3 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wêreld-foto

Mense teken protes aan voordat ʼn kerkdiens in die Frauenkirche-katedraal in Dresden, Duitsland, begin tydens vieringe van die land se 26ste jaar van hereniging. Die plakkaat lui: “Merkel moet gaan”. Foto: AP/Jens Meyer

wêreld-foto

Polisiebeamptes van Thailand vertoon ʼn miljoen amfetamien-tablette tydens ʼn perskonferensie in Bangkok, Thailand. Die polisie het tydens ʼn klopjag in die Ayutthaya-provinsie daarop beslag gelê. Foto: Xinhua/Rachen Sageamsak) (sxk)

wêreld-foto

Pensioenarisse in Athene, Griekeland, stamp aan ʼn bus wat hul protesoptog probeer blokkeer. Dié groep protesteer teen pensioene wat verminder gaan word weens besparingsmaatreëls. Foto: AP/Petros Giannakouris

wêreld-foto

ʼn Palestynse boer haal blare uit ʼn hoop olywe wat geoes is tydens die oesseisoen in Deir Al Balah, in die Gasa-strook. Foto: AP/Khalil Hamra

wêreld-foto (2)

Toeriste besoek “Maple Valley” in die Huanren-distrik van China se Liaoning-provinsie. Dié streek spog met pragtige esdoringbome. Foto: Xinhua/Yang Qing (zyd)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.