Die wêreld in foto’s – 3 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Biskoppe van die Rooms-Katolieke kerk woon Woensdag ʼn mis by vir die opening van ’n sinode in St. Pietersplein in die Vatikaanstad. Die sinode bring sowat 266 Rooms-Katolieke biskoppe van vyf kontinente bymekaar vir gesprekke om jongmense te laat voel dat hul geroep is om deel van die kerk te wees in ʼn tyd waar kerklike huwelike en godsdienstige roepings glo in die Weste afneem. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

‘n Kunswerk deur Nathan Sawaya is Woensdag te sien by die LEGO-uitstalling “The Art of the Brick” in Genève, Switserland. Dié uitstalling van Sawaya se kunswerke sal vanaf 4 Oktober tot 6 Januarie by die Palexpo-sentrum in Genève te sien wees. (Foto: Martial Trezzini, AP)

’n Man breek Woensdag perde in by Chifeng, ’n dorpie in Noord-China se Oos-Mongolië Outonome Streek. (Foto: Pan Zhengguang, AP)

Brittanje se prins Harry en Meghan, die Hertogin van Sussex, besoek Woensdag die Universiteit van Chichester Tech Park in Suid-Oos Engeland. (Foto: Heathcliff O’Malley, AP)

Fuad Masum, die voormalige Irakse president, verlaat Woensdag die presidensie se hoofkantoor in die vredespaleis na afloop van die inhuldigingseremonie van die nuutverkose Irakse president, Barham Salih, in Bagdad, Irak. (Foto: Khalid Mohammed, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.