Die wêreld in foto’s – 3 September 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

Jong mense van Indië vorm Maandag ’n menslike piramide tydens die Janmashtami-fees in Moembaai, Indië. Dié fees merk die geboorte van die Hindoe-god Krishna en herleef die verhaal van Heer Krishna wat tydens sy kinderjare botter gesteel het. (Foto: Rafiq Maqbool, AP)

Die span van Mercedes spuit Lewis Hamilton met sjampanje. Die Mercedes-span het Sondag die Italiaanse Grand Prix by die Monza-renbaan in Monza, Italië, gewen. (Foto: Antonio Calanni, AP)

Die Spaanse kletsrymer Jose Miguel Arenas Beltran, ook bekend as Valtonyc, praat Maandag met verslaggewers op die trappe van die hofgebou in Gent, België. Die hof van Gent sal op 17 September besluit of Valtonyc na Spanje teruggestuur sal word waar hy gevonnis is vir sy lirieke wat terreurgroepe se lof besing en die koninklike familie beledig. (Foto: Francisco Seco, AP)

Die Chinese president, Xi Jinping, gesels Maandag met die Suid-Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, tydens die Forum oor samewerking tussen China en Afrika wat by die Groot Saal van die Mense in Beijing gehou word. (Foto: Andy Wong, AP)

’n Sak hang op die eerste dag van die nuwe skooljaar aan ’n klaskamermuur tussen die name van Palestynse vlugteling-studente by ’n skool in Beiroet, Libanon. Skole kon Maandag soos beplan open ten spyte daarvan dat hul begroting met ’n multi-miljoen dollar gesny is ná die Amerikaanse president Donald Trump se besluit om die befondsing van die VN se Palestynse agentskap wat hulp aan skole verleen, te staak. (Foto: Hussein Malla, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jackie Gittins ·

Bly om te sien foto’s is relevant vir ons westerlinge

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.