Die wêreld in foto’s – 3 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Gesin nadat hulle gered is uit die vloedwaters van orkaan Dorian naby Freeport, Grand Bahama, Bahamas. (Foto: Ramon Espinosa, AP)

Akteur Timothee Chalamet daag op by die première van die rolprent The King tydens die 76ste Venesiese rolprentfees in dié stad in Italië. (Foto: Arthur Mola, AP)

Rafael Nadal van Spanje is oorstelp van vreugde nadat hy ’n stel teen Marin Cilic van Kroasië in die vierde ronde van die VSA Ope-tennistoernooi in New York gewen het. (Foto: Seth Wenig, AP)

Cody Bellinger (links) van die Los Angeles Dodgers in aksie teen die Colorado Rockies in die sewende skof van die bofbalwedstryd in Los Angeles. (Foto: Mark J Terrill, AP)

Ike Iroegbu van Nigerië in aksie tydens die Fiba-basketbalwedstryd in die Wuhan-sportsentrum in dié stad in China se Hubei-provinsie. (Foto: Andy Wong, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.