Die wêreld in foto’s – 3 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Australië se Joe Ingles in aksie teen Senegal se Youssoupha Ndoye tydens hulle FIBA-basketbalwedstryd in Dongguan in Suid-China se Guangdong-provinsie. (Foto: AP)

Maya Upton van Santa Barbara in Kalifornië plaas blomme buite die Sea Landing by Santa Barbara-hawe in Santa Barbara. (Foto: Ringo H.W. Chiu, AP)

Sterk winde woed as gevolg van orkaan Dorian wat die Bahamas Maandag getref het. (Foto: Ramon Espinosa, AP)

Akteur Stellan Skarsgard poseer vir fotograwe tydens ʼn fotosessie vir die rolprent The Painted Bird by die 76ste Internasionale Filmfees in Venesië, Italië. (Foto: Arthur Mola, AP)

Bianca Andreescu van Kanada slaan ʼn bal terug na Taylor Townsend van die VSA tydens die vierde ronde van die VSA Ope-tennistoernooi in New York. (Foto: Jason DeCrow, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.