Die wêreld in foto’s – 3 September 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Maroela Media het vroeër berig dat talle betogers Dinsdag saam met die omgewingsgroep Extinction Rebellion die strate van Londen ingevaar het in protes teen klimaatsverandering.

Dié groep het intussen die Karnaval van Korrupsie-optog in kostuums aangepak om hulle standpunt te beklemtoon.

ʼn Betoger geklee in ʼn kostuum vir die Karnaval van Korrupsie-optog by Parlementsplein in Londen. (Foto: Frank Augstein, AP)

ʼn Betoger in ʼn hofnarkostuum by Parlementsplein. (Foto: Frank Augstein, AP)

Betogers dra kostuums vir die Karnaval van Korrupsie-optog teen klimaatsverandering. (Foto: Frank Augstein, AP)

ʼn Swart-en-wit geklede betoger neem deel aan die omgewingsgroep Extinction Rebellion se protesoptog. (Foto: Frank Augstein, AP)

ʼn Betoger by ʼn klimaatsveranderingprotesoptog in Londen. (Foto: Frank Augstein, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.