Die wêreld in foto’s – 30 April 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsonderingstydperke ingestel. In ʼn poging om die ingeperkte inwoners van Malabon in die Filippyne besig te hou, het ʼn groep jeugdiges hulle só vermaak.

ʼn Groep jeugdiges vermaak die inwoners van Malabon in die Filippyne in uitrustings van die bekende filmreeks, Star Wars. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Jeugdige in ʼn Star Wars-uitrusting poseer vir ʼn foto vir die inwoners van Malabon in die Filippyne. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Groep jeugdiges in Star Wars-uitrustings herinner die inwoners van Malabon in die Filippyne om tuis te bly tydens die wêreldwye pandemie. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Groep jeugdiges in Star Wars-uitrustings vermaak die inwoners van Malabon in die Filippyne tydens dié land se algehele afsonderingstydperk. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Jeugdige, geklee as Darth Vader in Star Wars, vermaak die inwoners van Malabon in die Filippyne. (Foto: Aaron Favila, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.