Die wêreld in foto’s – 30 Augustus 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die Europa League-trofee word by die Grimaldi Forum in Monaco uitgestal. (Foto: Daniel Cole, AP)

Ferrari-bestuurder Sebastian Vettel van Duitsland bestuur sy renmotor tydens die eerste oefensessie voor die Belgiese Formule Een in Spa-Francorchamps, België. Die Belgiese Formule Een-wedren vind Sondag plaas. (Foto: Francisco Seco, AP)

Twee mense stuur hulle roeibootjies oor die Main-rivier in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Colorado Rockies se Ryan McMahon in aksie teen die Pittsburgh Pirates se Bryan Reynolds tydens die eerste beurt van die bofbalwedstryd in Denver. (Foto: John Leyba, AP)

Rafael Nadal van Spanje vier sy oorwinning oor John Millman van Australië tydens die eerste rondte van die VSA Ope-tennistoernooi in New York. (Foto: Adam Hunger, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae