Die wêreld in foto’s – 30 Januarie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wereld-foto-2

Toeriste vandeesweek op besoek aan ʼn gevriesde waterval by ʼn oord in Xingtai-stad in China se Hebei-provinsie. Foto: Mu Yu, Xinhua

wereld-foto-5

Meer as 2 000 mense het Maandag probeer om ʼn wêreldrekord te oortref deur saam in die Epecuen-meer naby Buenos Aires in Argentinië te baai. Dié meer is bekend vir sy genesende kragte. Foto: Alejandro Moritz, TELAM, Xinhua

wereld-foto

Mak Soben, geklee in ʼn kostuum en masker eie aan dié van die reus in Kambodjaanse tradisionele opera, verkoop vroeër dié week gedroogde gapermossels in Phnom Penh. Foto: Heng Sinith, AP

wêreld-foto

ʼn Verkoper in die buitewyke van Kaboel, Afghanistan, Maandag met ʼn trollie wat hy sommer self aanmekaar geslaan het. G’n reën gaan dié man nie terughou nie. Foto: Rahmat Gul, AP

wereld-foto

Roger Federer van Switserland glimlag breed met die trofee in die hand nadat hy Rafael Nadal geklop het tydens Sondag se manseindstryd op die Australiese Ope in Melbourne. Foto: Aaron Favila, AP

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.