Die wêreld in foto’s – 30 Januarie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Soldate bring hulde aan Mahatma Gandhi in Nieu-Delhi, Indië, ter nagedagtenis van sy moord in 1948. Dié Indiese leier is geskiet deur Nathuram Godse, ʼn Hindoe-ekstremis, en word jaarliks op 30 Januarie as martelaar herdenk.

ʼn Omgekeerde huis naby Wertheim in die suide van Duitsland word as ʼn toeristeaantreklikheid beskou. (Foto: Michael Probst, AP)

Katti Zoob, ʼn modeontwerper en tekstielkunstenaar van Hongarye, poseer met haar skeppings tydens die openingseremonie van haar 25ste bestaansjaar-uitstalling in die Pesti Vigado-gebou in Boedapest. (Foto: Tamas Kovacs, AP)

Brandweermanne takel die vlamme in ʼn brandende gebou in Los Angeles, terwyl ʼn helikopter mense van die dak af hys. (Foto: Megan Feldman, AP)

Mense betoog buite die hoofgebou in Washington tydens pres. Donald Trump se verhoor. (Foto: Jose Luis Magana, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae