Die wêreld in foto’s – 30 Julie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Geldeenheid-handelaar hou ’n rekenaarskerm dop naby skerms wat die Korea Composite Stock Price Index (KOSPI) en die buitelandse wisselkoers by die buitelandsevaluta-handelskamer in Seoel, Suid-Korea, meet. Asiatiese markte het Maandag geval ná ʼn skerp daling in die Amerikaanse tegnologiese sektor, volgens Wall Street wat dié markte aan die einde van die week gemeet het, ondanks data wat op ekonomiese groei dui. (Foto: Lee Jin-man, AP)

Moslemvroue staan Maandag in ʼn tou om te kyk of hul name in die Nasionale Register van Burgers opgeteken is by ʼn sentrum in Mayoung, ongeveer 55 km oos van Gauhati, Indië. Indië het Maandag ʼn finale lys van sy burgers in die noordooste van Assam vrygestel. Sowat 4 miljoen mense moet nog hul Indiese nasionaliteit bewys. (Foto: Anupam Nath, AP)

ʼn Jong vrou ontspan Maandag ondanks die hitte voor die Ou Opera-huis in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

ʼn Uitgedroogde sonneblom verlep in ʼn veld in Dortmund, Duitsland. Dagtemperature in die meeste dele van Duitsland het Maandag ongeveer 35 grade Celsius bereik. (Foto: Ina Fassbender, AP)

Mense sit Maandag op die klippies van Brighton Beach ná swaar reën die afgelope paar dae in Brighton, Engeland. Onlangse wind en reën het verligting gebring te midde van die lang en warm somerdae, wat die seisoen kenmerk. (Foto: Kirsty O’Connor, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.