Die wêreld in foto’s – 30 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Te midde van die Covid-19-pandemie het België strenger maatreëls vir afstandhandhawing aangekondig in ʼn poging om ʼn landwye afsonderingstydperk te vermy. Dít volg ná koronavirusgevalle in België die hoogte in geskiet het.

Brussel se plaaslike owerhede het die gewilde Midi-kermis, wat jaarliks in die somer plaasvind, gekanselleer ná hierdie aankondiging.

ʼn Naambord word gedemonteer te midde van nuwe afstandregulasies. (Foto: Francisco Seco, AP)

ʼn Werker dra die naambord van ʼn wipwaentjie by die Midi-kermis in België. (Foto: Francisco Seco, AP)

Nog ʼn kermisstaanplek word opgepak in Brussel. (Foto: Francisco Seco, AP)

Werkers haal ʼn tuimeltrein uitmekaar. (Foto: Francisco Seco, AP)

ʼn Werker demonteer ʼn wipwaentjie by die Midi-kermis in Brussel. (Foto: Francisco Seco, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.