Die wêreld in foto’s – 30 Junie 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Twee reisigers omhels mekaar by Istanboel se Ataturk-lughawe in Turkye. Die Ataturk-lughawe het vroeg gisteroggend bedrywighede met strenger sekuriteit hervat, ná ure se chaos weens ʼn reeks selfmoord-bomaanvalle. Foto: Xinhua/He Canling/ wire.africannewsagency.com

Kerse word voor die Brandenburg-hek in Berlin gesit. Die Brandenburg-hek is met Turkye se nasionale vlag belig ná selfmoord-aanvallers talle mense doodgemaak en meer as 140 ander beseer het by Istanboel se Ataturk-lughawe. Foto: Markus Schreiber via AP/ wire.africannewsagency.com

Die nuwe Filippynse president, Rodrigo Duterte, neem sy eed tydens sy inhuldigingseremonie by die Malacanang-paleis in Manila. Sy dogter, Veronica, hou vir hom ʼn Bybel vas. Foto: The News and Information Bureau, Malacanang Palace via AP/ wire.africannewsagency.com

Die Meksikaanse president, Enrique Pena Nieto (links), Kanadese eerste minister, Justin Trudeau (middel) en Amerikaanse president, Barack Obama, poseer vir groepfoto’s voor Parlement Heuwel tydens die Noord-Amerikaanse leiersberaad in Ottawa, Kanada. Dié leiers het onder meer onderneem om 50 persent van hulle lande se elektrisiteit teen 2025 deur skoon energie op te wek. Foto: Xinhua/David Kawai/ wire.africannewsagency.com

ʼn Beampte neem posisie in tydens ʼn polisie-operasie teen dwelmhandelaars in die Jacarezinho-krotbuurt in Rio de Janeiro, Brasilië. Onlangse geweld dra by tot die reeds bestaande kommer oor veiligheid in Rio tydens die Olimpiese Spele. Amptenare het gewaarsku begrotingstekorte kan sekuriteit tydens die spele in gevaar stel. Foto: Felipe Dana via AP/ wire.africannewsagency.com

Mense speel met modder tydens die Asar Pandhra-fees in Lalitpur, Nepal. Dié fees, wat op die Nepalese kalender op “Asar 15” is, word gekenmerk deur musiek, dans en in die modder speel tydens die uitplanting van rys. Foto: Xinhua/Pratap Thapa/ wire.africannewsagency.com

Ulika Wocial, ʼn bioloog by die New England-akwarium, begin ʼn ondersoek om te bepaal wat gelei het tot die dood van die 18-jaar-oue boggelrugwalviskoei, genaamd Snow Plow, in New Hampshire. ʼn Nadoodse-ondersoek word gedoen ná die walvis op die strand uitgespoel het. Foto: Rich Beauchesne/Portsmouth Herald via AP/ wire.africannewsagency.com

ʼn Akteur ry op ʼn perd tydens die Cavalia-skou in Beijing, hoofstad van China. Cavalia is ʼn mengsel van perdesport en uitvoerende kunste, multimedia en spesiale effekte, geïntegreer met akrobatiese uitvoerings, dans, lugtoertjies en musiek. Cavalia het sy wêreldtoer in 2003 begin. Foto: Xinhua/Jin Liangkuai(wx)/ wire.africannewsagency.com

Spiderman, ʼn jaar-oue poedel van China, word versorg tydens die Thailand Internasionale Hondeskou in Bangkok. Die hondeskou het vandag begin en duur tot Saterdag. Foto: Vicky Ge Huang via AP/ wire.africannewsagency.com

Mense van Brunei kyk na Chinese porseleinkunswerke by ʼn porselein-skou in Bandar Seri Begawan, hoofstad van Brunei. “Jingde Town Moden Porcelain Artworks Show” het gister in dié stad afgeskop en die uitstalling vertoon meer as 100 stukke moderne Chinese porseleinwerke. Foto: Xinhua/Jeffrey Wong(zjy)/ wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

Maroela, ek geniet die fotosessies terdeë wat oral in die wêreld aangaan. Hou so aan! Groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.