Die wêreld in foto’s – 30 Junie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Handelaars rus voor hul winkels tydens ʼn nasionale staking in Indië. Die staking is vanweë verhoogde belasting wat Saterdag in werking tree en ʼn toename in lewenskoste vir die mense in Indië tot gevolg het. (Foto: Bikas Das, AP)

Amerika se oudpres. Barack Obama en pres. Joko Widodo van Indonesië stap na ʼn gholfkarretjie tydens hulle vergadering by die presidensiële woning in Bogor in Indonesië. Obama en sy gesin hou tans vakansie in Indonesië – die land waar Obama vir etlike jare as kind gewoon het. (Foto: Adek Barry/Pool, AP)

ʼn Haan vlieg uit sy hok op ʼn plaas naby Frankfurt in Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Lede van die Koreaanse konfederasie-vakbond in Suid-Korea betoog teen die regering se arbeidsbeleid. Die werknemers eis beter werksomstandighede en die afskaffing van tydelike werknemers. (Foto: Ahn Young-joon)

Chinese soldate staan op aandag terwyl pres. Xi Jinping dié troepe in Hongkong inspekteer. Sjina vier vanjaar 20 jaar van onafhanklikheid ná Britse gesag. (Foto: Kin Cheung, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lollie ·

Ek hou van die lede van die Koreaanse vakbond wat uit hulle hok uitvlieg!?

Delia ·

Hehehe…ja Lollie, het net so lekker gelag vir die foto’s…..

Mariné Lourens ·

Dagsê Lollie

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die onderskrifte by die foto’s is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

SARIE VAN HEERDEN ·

Of onderskrifte reg is of verkeerd pla my nie want dit gaan om die foto’s en dit is die EERSTE waarna ek kyk wanneer ek soggens my rekenaar aanskakel. Dankie, Maroela. ‘n Hoender is buitendien vir my die allermooiste ding op my werf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.