Die wêreld in foto’s – 30 Junie

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag:

Te midde van die Covid-19-pandemie beplan Israel se premier, Benjamin Netanyahu, om by sy belofte om dele van die besette Wesoewer te annekseer, te hou.

Volgens Netanyahu is die gebied noodsaaklik vir Israel se veiligheid en onherroeplik deel van die Bybelse Israel. Die Palestyne beywer hulle egter daarvoor om die Wesoewer in ʼn toekomstige onafhanklike staat te omskep.

In ooreenstemming met pres. Donald Trump se Midde-Ooste-plan, verwelkom Israeli godsdienstiges en nasionaliste die anneksasie van die Wesoewer. Internasionale liggame en Palestina meen egter dat die Joodse Israeli-nedersettings onwettig is.

Die Wesoewer is in 1967 tydens die oorlog in die Midde-Ooste deur Israel beset, maar Joodse Israeliete sowel as Arabiese Palestyne is tans woonagtig in dié gebied. Volgens die BBC bly byna 450 000 Israeliete in die gebied en tussen twee en drie miljoen Palestyne, onder beperkte selfregering en Israeliese militêre bewind, ook in die Wesoewer.

Kamele loop naby die Wesoewer dorp Al Fasayil. (Foto: Oded Balilty, AP)

ʼn Palestynse herder en sy kudde langs die Wesoewer-dorp Al Fasayil in die Jordaanvallei. (Foto: Oded Balilty, AP)

ʼn Palestynse herder en sy kudde langs die Joodse nedersetting Tomer in die Jordaanvallei in die Wesoewer. (Foto: Oded Balilty, AP)

ʼn Herder langs die Wesoewer-dorp Al Fasayil in die Jordaanvallei. (Foto: Oded Balilty, AP)

Die Joodse nedersetting Ma’ale Efrayim in die Jordaanvallei in die Wesoewer. (Foto: Oded Balilty, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.