Die wêreld in foto’s – 30 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het plekke wêreldwyd in spookdorpe verander. Só lyk die kleinste land ter wêreld wat ook die setel van die Rooms-Katolieke Kerk is.

Enkele mense saam met pous Franciskus in gebed by die ingang van die St. Petrus-basiliek in die Vatikaan. (Foto: Yara Nardi/Pool Photo, AP)

Fotograwe net buite die St. Petrus-plein terwyl pous Franciskus sy “Urbi et orbi”-gebed lewer. Dié gebed is ten behoewe van die stad (Rome) en die wêreld. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

Pous Franciskus bid op die verlate St. Petrus-plein in die Vatikaanstad. (Foto: Yara Nardi/Pool Photo, AP)

Weens Covid-19-beperkings spreek pous Franciskus sy seën uit oor ʼn leë St. Petrus-plein in die Vatikaanstad. (Foto: Andrew Medichini, AP)

Pous Franciskus spreek sy seën uit in ʼn oop venster wat uitkyk op ʼn leë St. Petrus-plein in die Vatikaanstad. (Foto: Vatican News, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.