Die wêreld in foto’s – 30 Mei 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Wêreld-foto's

Tiere word by “Tiger Temple” in die Kanchanaburi provinsie, wes van Bangkok, Thailand verwyder. Amptenare van die Wildlife Friends-stigting het reeds verskeie van die ongeveer 137 tiere by die Boeddhiste tempel verwyder ná sprake dat versorgers onwettig met die tiere teel en handel dryf. Foto: Wildlife Friends Foundation Thailand via AP/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, verwelkom die president van Portugal, Marcelo Rebelo de Sousa, vir ʼn vergadering by die kanselary in Berlyn, Duitsland. Foto: AP Photo/Michael Sohn/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's

Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan lewer ʼn toespraak vir lede van die opvoedkundige stigting in Istanbul. Erdogan het homself uitgespeek oor voorbehoedmiddels en gesinsbeplanning en meen dit is teen Moslem-beginsels. Foto: Kayhan Ozer, Presidential Press Service/Pool via AP/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's

ʼn Vrou staan by ʼn klomp kruise by die Tweede Wêreldoorlogse militêre begraafplaas in Falciani, Italië tydens ʼn seremonie wat die VSA se Herinneringsdag eer. Foto: Maurizio Degl’Innocenti/ANSA via AP Photo/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's

Kasjmiri vroue werk in ʼn veld in die Budgam-distrik in die Indies-beheerde, Kasjmir. Foto: Xinhua/Javed Dar/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's

Mededingers neem deel aan die jaarlike kaas-rol-kompetisie (cheese rolling) by Cooper’s Hill in Brockworth, Engeland. Dié kompetisie is reeds sedert die 1800’s aan die gang. Foto: Joe Giddens/PA via AP/wire.africannewsagency.com

 

Wêreld-foto's

Mense verlaat die Roland Garros-stadion in Parys, Frankryk nadat organiseerders van die Franse Ope Maandag se toernooie gekanselleer het as gevolg van die reën. Foto: AP Photo/Alastair Grant/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.