Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Tiere word by “Tiger Temple” in die Kanchanaburi provinsie, wes van Bangkok, Thailand verwyder. Amptenare van die Wildlife Friends-stigting het reeds verskeie van die ongeveer 137 tiere by die Boeddhiste tempel verwyder ná sprake dat versorgers onwettig met die tiere teel en handel dryf. Foto: Wildlife Friends Foundation Thailand via AP/wire.africannewsagency.com

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, verwelkom die president van Portugal, Marcelo Rebelo de Sousa, vir ʼn vergadering by die kanselary in Berlyn, Duitsland. Foto: AP Photo/Michael Sohn/wire.africannewsagency.com

Turkye se president, Recep Tayyip Erdogan lewer ʼn toespraak vir lede van die opvoedkundige stigting in Istanbul. Erdogan het homself uitgespeek oor voorbehoedmiddels en gesinsbeplanning en meen dit is teen Moslem-beginsels. Foto: Kayhan Ozer, Presidential Press Service/Pool via AP/wire.africannewsagency.com

ʼn Vrou staan by ʼn klomp kruise by die Tweede Wêreldoorlogse militêre begraafplaas in Falciani, Italië tydens ʼn seremonie wat die VSA se Herinneringsdag eer. Foto: Maurizio Degl’Innocenti/ANSA via AP Photo/wire.africannewsagency.com

Kasjmiri vroue werk in ʼn veld in die Budgam-distrik in die Indies-beheerde, Kasjmir. Foto: Xinhua/Javed Dar/wire.africannewsagency.com

Mededingers neem deel aan die jaarlike kaas-rol-kompetisie (cheese rolling) by Cooper’s Hill in Brockworth, Engeland. Dié kompetisie is reeds sedert die 1800’s aan die gang. Foto: Joe Giddens/PA via AP/wire.africannewsagency.com