Die wêreld in foto’s – 30 Mei 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Gesin in Islamabad geniet die koel water wat ʼn stroom bied tydens ʼn hittegolf wat Pakistan dié week getref het. ʼn Rekord temperatuur van 53 °C is in die dorpie Turbat aangeteken. Foto: BK Bangash, AP

ʼn Siriese meisie pluk ʼn Damaskus-roos in ʼn dorpie genaamd, al-Marah. Die verbouing van dié beroemde roos het die afgelope ses jaar gekwyn in dié oorloggeteisterde land, maar nou lyk die toekoms vir dié plante in die Qalamoun-streek weer rooskleurig. Foto: Ammar Safarjalani, Xinhua

Besoekers aan Shishi neem Dinsdag deel aan waterpret tydens die draakbootfees in China se Fujian-provinsie. Foto: Song Weiwei, Xinhua

Branderplankryers geniet ʼn mensgemaakte golf in München, Duitsland. Foto: Matthias Schrader, AP

Liu Huiying help met die jaarlikse rysoes in Wuzhishan in China se Hainan-provinsie. Foto: Shen Hong, Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.