Die wêreld in foto’s – 30 Mei 2018

Foto’s bied ’n blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ’n slag.

’n Stootskraper sloop ’n migrante-kamp in Parys. Owerhede het vroeg Woensdag toegeslaan op die sogenaamde Millennaire-tentkamp op die buitewyke van dié Franse stad. Dis geleë langs ’n kanaal wat deur drawwers en fietsryers gebruik word, en is die grootste van verskeie sulke kampe in Parys. Twee immigrante het vandeesmaand in kanale langs dié kampe verdrink. (Foto: Thibault Camus, AP)

Italië se tussentydse premier, Carlo Cottarelli (middel), klim in ’n motor voor hy sy hotel in Rome verlaat. Cottarelli het teruggekeer na die presidensiële paleis vir informele gesprekke te midde van voortgesette markonrus en -onsekerheid oor die vooruitsigte van sy voorgestelde regering. (Foto: Angelo Carconi, AP)

Pous Franciskus waai vir sy getroue volgelinge tydens sy aankoms vir sy weeklikse oudiënsie in St. Petrusplein in die Vatikaanstad. (Foto: Gregorio Borgia, AP)

Mense dra Woensdag die liggaam van Charanjit Singh, ’n bekende lid van die land se Sikh-minderheidsgemeenskap, ’n menseregte-aktivis en ’n uitgesproke kritikus van die Taliban, tydens sy begrafnis in Peshawar, Pakistan. Polisie het gesê gewapende mans op ’n motorfiets het Singh Dinsdag in die noordwestelike stad Peshawar doodgeskiet. (Foto: Muhammad Sajjad, AP)

Die media en ander sekuriteit kom byeen naby die wrakke van 116 gesmokkelde motorfietse en ses voertuie ter waarde van meer as $653 000. ’n Veroordelingseremonie is Woensdag deur president Rodrigo Duterte en ander amptenare bygewoon by die Buro van Doeane in Manila, Filippyne. Duterte het beveel dat dié voertuie vernietig word as ’n afskrikmiddel vir smokkelary in die land. (Foto: Bullit Marquez, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.