Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Reddingsboot by die Margaret-brug tydens ʼn soektog na vermiste toeriste in die Donau-rivier in Boedapest in Hongarye. ’n Veerboot met 30 toeriste, drie toergidse en twee bemanningslede aan boord het Woensdagaand in die rivier omgeslaan en gesink. Die wrak is by die Margaret-brug opgespoor. (Foto: Belazs Mohai, AP)

Kinders loop deur ʼn dorre dam op ʼn hittige somersdag in die buitewyke van Jammu, Indië. Groot dele van Indië ervaar uiterste hittetoestande. (Foto: Channi Anand, AP)

Jimin Kang berei haarself voor vir die eerste ronde van die Amerikaanse Ope-gholftoernooi vir vroue in Charleston. (Foto: Mic Smith, AP)

Japan se Naomi Osaka skree van blydskap nadat sy ʼn punt teen Victoria Azarenka van Belo-Rusland aangeteken het in hul wedstryd in die tweede ronde van die Franse Ope-tennistoernooi op Roland Garros in Parys. (Foto: Jean-Francois Badias, AP)

ʼn Skaap in ʼn weiland in die Inn-vallei naby Innsbruck, Oostenryk. (Foto: Michael Probst, AP)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ek wonder watter party se voorbok is hierdie ou?
Verlang ek nou terug na toenterjare. Daar in die Kaap in Seepunt se hooftraat voor mens wegdraai na Kampsbaai, was daar ‘n restaurant met die naam ‘Innsbruck Inn”. Lekker daardie jare gewees, een aand daar saam met langhaar swartkop vroulief die heerlikste Wiener Schnitzel geeet. Toe was ons nie lank getroud.