Die wêreld in foto’s – 30 November 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Pakistanse vliegtuie tydens ’n lugskou in Karachi, Pakistan. Die Pakistanse weermag het vanjaar ’n lugskou en teenterrorisme-vertoning aangebied as deel van die tiende Internasionale Verdedigingsuitstalling en Seminaar (IDEAS-2018). (Foto: Stringer, Xinhua)

’n Indiese boer neem deel aan ’n tradisionele dans in Nieu-Delhi, Indië. Duisende boere marsjeer Vrydag na Indië se parlement om op hoër pryse vir hul voedselprodukte aan te dring. (Foto: Altaf Qadri, AP)

Betogers genaamd die “geel baadjies” hou Vrydag ’n EU-vlag omhoog tydens ’n betoging teen stygende brandstofpryse in Brussel. (Foto: Francisco Seco, AP)

Argeoloë van die gesamentlike Egiptiese-Chinese argeologiese sendingwerkers aan die grawe by Montu Tempel in Luxor, Egipte. Die eerste argeologiese span het Donderdag amptelik begin met hul opgrawingswerk in dié stad. (Foto: Meng Tao, Xinhua)

Die Kersversierings Vrydag tydens die uitstalling “Angel, Swastika, Dome of the Rock. Christmas Tree Decorations from the 19th Century until Today” by die Duitse Historiese Museum in Berlyn, Duitsland. (Foto: Michael Sohn, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.