Die wêreld in foto’s – 30 September 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Chinese toeris ry op ʼn e-bromponie oor die plein voor die Old Opera in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Skotland se Darcy Graham (regs) in aksie teen Samoa se Tusi Pisi (links) tydens die Rugbywêreldbeker se Poel A-wedstryd tussen Skotland en Samoa by die Kobe Misaki-stadion in Kobe, Japan. (Foto: Aaron Favila, AP)

ʼn Dik laag rookmis bedek Lumpini-park in die sentrale gebied van Bangkok, Thailand. Talle provinsies in Thailand, insluitend Bangkok, word bedek het giftige rookmis, wat groot kommer veroorsaak. (Foto: Sakchai Lalit, AP)

Die kaptein van Sri Lanka se krieketspan, Lahiru Thirimanne, woon ʼn oefensessie by die Nasionale Stadion in Karatsji, Pakistan, by. Sri Lanka toer deur Pakistan om in ʼn reeks van drie internasionale eendag- en drie T20-wedstryde te speel. (Foto: Fareed Khan, AP)

Mense word uit ʼn oorstroomde gebied gered na swaar reën in Patna, Indië. Volgens owerhede duur swaar reën voort in dele van Indië met dosyne mense wat reeds die afgelope 24 uur gesterf het. (Foto: Aftab Alam Siddiqui, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bertie ·

Dankie weereens vir die pragtige foto’s! ek ‘leer’ ook en sien plekke wat ek nooit in my lewe sou sien nie. Net jammer van die gifgasse in Bangkok! wonder wat hulle daaraan probeer doen en of hulle ‘n oplossing het. Wat sou dit veroorsaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.