Die wêreld in foto’s – 31 Augustus 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

wire.africannewsagency.com

ʼn Turkse militêre tenk op pad na Sirië se grens in Karkamis, Turkye. Turkye het beloof om aan te hou veg totdat alle terreur-entiteite verwyder is. “Alle militêre operasies sal voortgaan totdat alle terroristiese elemente geneutraliseer is, totdat alle bedreigings aan ons grens, vir ons land en ons burgers heeltemal verby is,” het Binali Yildirim, premier van Turkey gesê. Foto: Ismail Coskun, IHA via AP/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Yasuhide Mizobata, ʼn moordverdagte, staan met twee wapens op steiers tydens ʼn beleg van 18 ure deur die polisie in Wakayama, Japan. Dié kragmeting het tot ʼn einde gekom toe Mizobata homself in die maag geskiet het en na die hospitaal geneem is. Foto: Ren Onuma/Kyodo News via AP)/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Studente van Maleisië laat die vlae wapper ter viering van die land se 59ste jaar van onafhanklikheid. Maleisië het op 31 Augustus 1957 onafhanklik geword. Foto: Joshua Paul/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Kinders spog met hul kalligrafie by hul eerste skryf-seremonie by die Confucius-tempel in Nanjing, in China se Jiangsu-provinsie. 168 kinders het dié tradisionele seremonie bygewoon voordat hul skoolloopbaan begin. Foto: Xinhua/Sun Can (yxb)/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Feesgangers gooi mekaar met tamaties by die Tomatina-fees in Bunol, Spanje. Ongeveer 20 000 mense van regoor die wêreld neem deel aan vanjaar se tamatie-oorlog. ʼn Trok het ongeveer 160 ton tamaties in die straat afgelaai vir dié uur-lange feestelikheid. Foto: Alberto Saiz/wire.africannewsagency.com

wire.africannewsagency.com

Luis Concepcion van Panama spring in die lug na sy oorwinning teen Kohei Kono van Japan tydens die Wêreldboks-vereniging se titelgeveg in Tokio. Foto: Toru Takahashi/wire.africannewsagency.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rapes ·

Maroela die berig oor die tamatie oorlog is darem bietjie te dik vir ‘n daaler. Geen trok kan 160ton tamaties vervoer nie.

Rupert Ashford ·

So Tyrkye gaan onder die dekmantel van terrorisme beveg soveel Koerde vermoor as wat hulle kan terwyl hulle nogsteeds vir IS in die geheim gaan help…

KarooKlong ·

Maroela, plaas vir ons ‘n foto van ‘n trok wat 160 ton tamaties kan vervoer en dit nogal in die strate van Bunol.

Landi Slatter ·

Dagsê KarooKlong en Rapes,

Dankie vir julle terugvoer. Ons vermoed die trok het meer as een keer tamaties kom aflaai, maar ons het steeds die berig gewysig om verwarring uit te skakel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.