Die wêreld in foto’s – 31 Augustus 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Die ruimtevaarders Alexander Misurkin van Rusland (middel) en Joseph Acaba en Mark Vande Hei van die VSA daag op by die Russiese ruimteopleidingsentrum net buite Moskou. Dié drie is die bemanning op die volgende tog na die internasionale ruimtestasie. Foto: Pavel Golovkin, AP

ʼn Aanhanger van wyle prinses Diana Donderdag buite die Kensington-paleis in Londen. Diana is op 31 Augustus 1997, 20 jaar gelede, in ʼn motorongeluk in Parys dood. Foto: Frank Augstein, AP

ʼn Reddingswerker maak Donderdag ʼn aankondiging oor ʼn luidspreker by ʼn vyfverdiepinggebou wat weens swaar reën in Mumbai, Indië, ineengestort het. Foto: Rafiq Maqbool, AP

Maleise studente Donderdag tydens die viering van dié land se onafhanklikheid in Kuala Lumpur. Maleisië het 60 jaar gelede, in 1957, onafhanklikheid van Brittanje gekry. Foto: Daniel Chan, AP

Chiara Mair van Oostenryk ding dié week mee in ʼn ski-item op die Winterspele wat in Queenstown in Nieu-Seeland aangebied word. Foto: Peter Meecham, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.