Die wêreld in foto’s – 31 Augustus 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Vrouelede van die Chinese Volksmag se erewag wag Vrydag vir die verwelkomingseremonie vir die president van Botswana, Mokgweetsi Masisi, by die Groot Saal van die Mense in Beijing. Masisi is in China vir ʼn forum oor die samewerking tussen China en Afrika wat van 3 tot 4 September sal plaasvind. (Foto: Romsn Pilipey, AP)

Die Australiese Rooms-Katolieke non Patricia Fox luister Vrydag na ʼn mediakonferensie na aanleiding van immigrasiebeheer se bevel om haar mosie vir heroorweging in die voorstedelike Quezon-stad, noordoos van Manila in die Filippyne, te weier. Die Filippynse immigrasieburo het beveel dat Fox gedeporteer word. (Foto: Marquez, AP)

Die silhoeët van ʼn man wat Vrydag met sy seun speel buite die Nasionale Museum van Korea in Seoel, Suid-Korea. (Foto: Ahn Young-joon, AP)

Die China-Maledive-vriendskapsbrug in die Maledive, die eerste seebrug, is Donderdagaand die eerste keer vir verkeer oopgestel. Dié brug is ʼn ikoniese projek deur die Maledive en China in die samestelling van die 21ste-eeuse Maritieme Syweg. (Foto: Wang Mingliang, Xinhua)

ʼn Indiese atleet maak Vrydag gereed om aan die 4×400-mansaflos by die 18de Asiatiese Spele in Djakarta, Indonesië, deel te neem. (Foto: Wang Lili, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

IK ·

Opvallend is die posture vd doedies wêreldwyd hetsy militêr of wetstoepassers, behalwe . . .

Jackie Gittins ·

Ek merk dat ‘Wêreld in Fotos’ hoofsaaklik fotos uit die verre Ooste bevat. Gebeur daar niks in Europa, Brittanje of Amerika wat foto-waardig is nie. Ek dink Maroela lesers het min belang by Verre Ooste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.