Die wêreld in foto’s – 31 Januarie 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

’n Hindoe van Nepal rol op die grond terwyl ander gelowiges wag om deel te neem aan dié ritueel op die laaste dag van die Madhav Narayan-fees in Bhaktapur, Nepal. Gedurende dié fees dra gelowiges heilige skrifte op aan die Hindoe-godin Swasthani en Heer Shiva. Ongetroude vroue bid dat hulle ’n goeie man sal kry, terwyl getroude vroue bid dat hul mans lank sal leef, en dan vir ’n maand lank vas. (Foto: Niranjan Shrestha, AP)

’n Besoeker loop tussen strukture deur by die Holocaust-nagedagtenismuseum in Berlyn, Duitsland. Die Duitse parlement het vandag ’n spesiale sitting ter herdenking aan die slagoffers van die Joodseslagting. (Foto: Markus Schreiber, AP)

Vroue van Kashmiri se reaksie terwyl hulle na die begrafnisoptog van Rayees Ahmed in Narapora kyk. Ahmed is Woensdag oorlede, vyf dae ná hy deur Indiese soldate in die betwiste Himalaja-streek geskiet is. Nog ’n soldaat is in die aanval dood en nege ander beseer. (Foto: Dar Yasin, AP)

Die Chinese premier, Li Keqiang, aan die woord tydens ’n gesamentlike mediakonferensie met die Britse eerste minister, Theresa May, in Beijing, China. (Foto: Andy Wong, AP)

Franse polisiebeamptes stap Woensdag strandlangs gedurende die soektog na Pierre Agnes, die uitvoerende hoof van die sportklerevervaardiger Quiksilver, in Hossegor, Frankryk. Franse owerhede het bote en helikopters uit die suidweste van Frankryk ontplooi om na Agnes te soek nadat sy leë boot Dinsdag kuslangs uitgespoel het. (Foto: Bob Edme, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.