Die wêreld in foto’s – 31 Januarie 2019

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Stoom trek wit uit die yskoue Michigan-meer in Chicago op. Volgens die Nasionale Weerdiens (NWD) is die laagste temperatuur in menseheugenis aangeteken nadat ’n ysige draaikolk Woensdag die grootste stad in die Verenigde State se midweste getref het. (Foto: Patrick Gorski, Xinhua)

Sjinese kunstenaars lewer ’n uitvoering by die Galavertoning van die Paukphaw Karnaval vir die Sjinese Nuwejaar in Yangon, Mianmar. (Foto: U Aung, Xinhua)

Soldate van Sri Lanka marsjeer gedurende ’n kleedrepetisie vir die Onafhanklikheidsdagparade in Colombo. Sri Lanka vier op 4 Februarie die 71ste herdenking van onafhanklikheid van Britse koloniale heersers. (Foto: Eranga Jayawardena, AP)

Venus (links), die maan en Jupiter (regs) is vroegoggend op kamera vasgevang naby Salgotarjan, 109 km noordwes van Boedapest, Hongarye. (Foto: Peter Komka, AP)

’n Dik laag rookmis bedek Lumpini Park in die sentrale gebied van Bangkok, Thailand. ’n Vloot hommeltuie, vragmotors en klein vliegtuie spuit water om die stof rondom Bangkok te probeer verminder. Die goewerneur het kritici genooi om ’n dinkskrum te hou om sodoende met beter idees vorendag te kom om die luggehalte in Thailand se hoofstad te verbeter. (Foto: Wally Santana, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.