Die wêreld in foto’s – 31 Julie 2017

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Kinders uit ʼn arm woongebied in Djakarta, Indonesië, leer om te skryf. Die klasse word aangebied deur vrywilligers vir die bewusmaking van geletterdheid. Foto: Agung Kuncahya, Xinhua

ʼn Inwoner van die Chinese stad Fuqing stap Maandag deur reën wat meegebring is deur die tropiese storm Haitang. Dit is die tiende tropiese storm wat dié gebied vanjaar getref het. Foto: Jiang Kehong, Xinhua

Die Indonesiese lugmag Maandag besig om militêre vliegtuie voor te berei vir dié land se onafhanklikheidsdag wat op 17 Augustus gevier word. Foto: Aditya Hendra, AP

Visse swem in ʼn glastenk in die Yurakucho-nywerheidsgebied in Tokio, Japan. Foto: Koji Sasahara, AP

ʼn Veerboot verlaat Liverpool in Engeland terwyl ʼn gesin op die strand by Formby stap. Foto: Peter Byrne, AP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SARIE VAN HEERDEN ·

Weereens, komplimente aan Maroela vir die interessante foto’s.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.