Die wêreld in foto’s – 31 Julie 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Weens die Covid-19-pandemie het Indië innoverende mobiele toetssentrums opgestel wat pasiënte en gesondheidswerkers tot die uiterste beskerm.

Wêreldwyd het Indië die derde meeste Covid-19-gevalle, naas die VSA en Brasilië.

Só lyk die mobiele toetssentrums.

ʼn Gesondheidswerker berei hom voor om ʼn toetsmonster te neem in Hyderabad, Indië. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

Mense wag om getoets te word vir die nuwe koronavirus by die mobiele toetssentrums in Indië. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

ʼn Toetsmonster vir die koronavirus word deur ʼn gesondheidswerker geneem. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

ʼn Gesondheidswerker verpak ʼn toetsmonster in Hyderabad, Indië. (Foto: Mahesh Kumar A, AP)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.