Die wêreld in foto’s – 31 Maart 2020

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

Sedert die uitbreking van Covid-19 het lande wêreldwyd sosiale distansiëring aangemoedig of algehele landwye afsondering vir ʼn tydperk van 21 dae ingestel. Indië is een van dié lande. Só lyk ʼn land wat dié tydperk van afsondering volhou.

Mense met gesigmaskers wag om kos te ontvang tydens die algehele landwye afsondering in Mumbai, Indië. Narendra Modi, Indië se eerste minister, het Sondag aan die publiek verskoning gevra vir die 21 dae van afsondering, maar dit as nodig bestempel om die verspreiding van Covid-19 te bekamp. (Foto: Rafiq Magbool, AP)

Werkers verf blokke by ʼn mark in Mumbai, Indië, sodat daar ʼn veilige fisieke afstand tussen mense gehandhaaf kan word. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

ʼn Polisieman dra ʼn helm verteenwoordigend van die koronavirus wat Covid-19 veroorsaak, terwyl hy pendelaars aanraai om by die huis te bly tydens die 21 dae van algehele landwye afsondering in Chennai, Indië. (Foto: R Parthibhan, AP)

Vroue maak ʼn kwarantynsentrum skoon by die Sarusojai-sportsentrum in Gauhati, Indië. (Foto: Anupam Nath, AP)

Die hoofweg in Bandra in Mumbai, Indië, is verlate weens die algehele landwye afsondering. (Foto: Rajanish Kakade, AP)

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae