Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
ʼn Palestynse meisie, Amira Abukmail (12), by haar jonger broer in hul huis in Gasastad. Amira se ma is verlede jaar by Erez-toegangspunt tussen die Gasa-strook en Israel gearresteer. Amira sien sedertdien self na haar vyf boeties en sussies om – die jongste is een jaar oud. Foto: Xinhua/Wissam Nassar/wire.africannewsagency.com
Avigdor Lieberman (middel) wat Maandag as Israel se minister van verdediging ingesweer en Israel se stafhoof, Lt. Gen. Gadi Eizenkot, by ʼn verwelkomingseremonie in Tel Aviv, Israel. Lieberman sê hy ondersteun ʼn twee-staat oplossing vir die konflik met die Palestyne. Foto: AP Photo/Ariel Schalit/ wire.africannewsagency.com
Polisie in Afganistan sit op militêre voertuie na ʼn ontvoering in die Kunduz provinsie in Afghanistan. Taliban-militante het ongeveer 45 mense ontvoer nadat hulle drie passasiers-busse op ʼn hoofpad onderskep het. Volgens berigte is 16 reisigers ook tydens die aanval vermoor. Foto: Xinhua/Ajmal Kakar/wire.africannewsagency.com
ʼn Werker by ʼn spoorwerf wat die westelike deel van Guizhou met ʼn deel van die Shanghai-Kunming-hoofweg in China sal verbind. Foto: Xinhua/Liu Xu/ wire.africannewsagency.com
ʼn Boer, Agostino Danelli, melk ʼn koei in Milan, Italië, tydens ʼn melkboer-byeenkoms. Die voedsel- en landbou-organisasie van die Verenigde Nasies het 1 Junie as wêreldmelkdag verklaar om meer blootstelling aan die bedryf te gee. Foto: AP Photo/Luca Bruno/ wire.africannewsagency.com
Werknemers van die Roland Garros-stadion in Parys, Frankryk, probeer water van ʼn baan verwyder. Foto: AP Photo/Christophe Ena/wire.africannewsagency.com
ʼn Slagter wag vir kliënte by ʼn slaghuis in Manila in die Filippyne. Goedere by baie van dié stalletjies is baie goedkoper as by winkelsentrums in die stad en word veral deur die plaaslike bevolking ondersteun. Foto: AP Photo/Aaron Favila/ wire.africannewsagency.com
ʼn Videospeletjie-entoesias geniet ʼn virtuele speletjie wat ʼn valskermsprong na-aap tydens die Computex-uitstalling in Taipei, Taiwan. Computex is een van die wêreld se grootste IT-uitstallings wat van 31 Mei tot 4 Junie vanjaar gehou word. Foto: AP Photo/Chiang Ying-ying/ wire.africannewsagency.com
Novak Djokovic van Serwië tydens die vierde rondte van die Franse Ope by die Roland Garros-stadion in Parys, Frankryk. Foto: AP Photo/Michel Euler/ wire.africannewsagency.com
Beste Maroela
Ek geniet julle wêereld in foto’s vreeslik baie! Moenie dat dit verlore gaan nie!! Groete