Die wêreld in foto’s – 31 Oktober 2016

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Italiaanse polisieman salueer Pous Francis toe hy op ʼn vliegtuig klim op Rome se Fiumicino internasionale lughawe. Hy is op pad na Malmo in Swede vir die 500ste viering van die Protestantse Hervorming. Foto: AP Photo/Alessandra Tarantino

ʼn Model in ʼn skepping van Cheng Yingfen tydens die Chinese modeweek in Beijing. Foto: Xinhua/Chen Jianli

ʼn Leerder stap vroegoggend skool toe in Frankfort in Duitsland.Foto: AP Photo/Michael Probst

Naasbestaandes soek na die grafte van afgestorwe soldate by die Heldebegraafplaas in Passaystad. Die Filippyne maak gereed vir allerheiligedag wat Maandag plaasvind. Foto: AP Photo/Bullit Marquez

Die buitekant van die ekstraveilige hofgebou by Schiphol-lughawe. Die Nederlandse wetmaker Geert Wilders se haatspraakverhoor begin Maandag hier. Wilders boikot die opening. Foto: AP Photo/Peter Dejong

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.