Die wêreld in foto’s – 31 Oktober 2018

Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.

ʼn Soldaat staan Woensdag wag by die ingang van die Vatikaanse ambassade in Rome, Italië. Menslike beendere is glo tydens opknappingswerk naby dié ambassade gevind. Dié vonds word bestempel as een van die Vatikaan se tergendste raaisels – dié omtrent die lot van ʼn 15-jarige dogter van ʼn Vatikaanse werknemer wat in 1983 verdwyn het. (Foto: Fabio Frustaci, AP)

Sonstrale Woensdag deur bome in die Taunus-omgewing naby Frankfurt, Duitsland, nadat die eerste sneeu geval het. (Foto: Michael Probst, AP)

Pous Franciskus soen Woensdag ʼn baba op St. Petrusplein in die Vatikaanstad voor sy weeklikse oudiënsie. (Foto: Alessandra Tarantino, AP)

Angela Merkel, die Duitse kansellier, gesels Woensdag met personeellede terwyl sy wag vir die aankoms van Moussa Faki, die kommissievoorsitter van die Afrika-Unie, vir ʼn vergadering in Berlyn, Duitsland. (Foto: Michael Sohn, AP)

Die Portugese parlement Dinsdag tydens ʼn debat oor die 2019-staatsbegroting in Lissabon, Portugal. Dié parlement het reeds die staatsbegroting vir die komende jaar goedgekeur met die linkse partye, insluitende die regerende Sosialistiese Party, wat almal ten gunste van die begroting is. (Foto: Zhang Liyun, Xinhua)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.